Peter Ackroyd

Peter Ackroyd

Britse biograaf, skrywer en kritikus


Alma mater

Universiteit van Cambridge
Yale-universiteit


Literêre genres

Biografieë, dramatiese werke, essays, fiksie, literêre kritieke, nie-fiksie, digkuns, kortverhale


Tydperk

Tweede helfte van die 20ste en vroeë 21ste eeu


Onderwerpe

Londen en sy bewoners, geskiedenis en kultuur van Engeland; geskiedenis en kultuur van Venesië

Peter Ackroyd (* 5 Oktober 1949 in East Acton, Wes-Londen) is 'n Britse biograaf, skrywer en kritikus met 'n besondere belangstelling in die geskiedenis en kultuur van Engeland. Hy staan bekend vir sy omvangryke werk, die verskeidenheid style en uitgangspunte daarvan, die diepte van sy navorsing en die groot verskeidenheid onderwerpe wat menige spesialis-akademikus in die skadu stel en van Charlie Chaplin en Edgar Allan Poe tot die Engelse skilder J.M.W. Turner se waterverftegniek, die oorspronge van Engels-wees en die geskiedenis, boukuns, musiek en toneelkuns van Venesië strek. Maar dit is veral die Britse hoofstad Londen, die plek waar hy gebore en grootgemaak is en waar hy die meeste tyd van sy lewe gebly het (tans in Knightsbridge in Sentraal-Londen), wat hom die meeste boei en wat alles deurdring wat hy gedoen en geskryf het.[1] 'n Omvangryke biografie van sy geboortestad is in 2000 gepubliseer.

Vir sy biografieë van onder meer William Blake, Charles Dickens, T.S. Eliot en Sir Thomas More het hy die Somerset Maugham-prys en twee Whitbread-pryse ontvang. In 1984 is hy as lid van die Royal Society for Literature verkies. Hy is daarnaas in 2003 as Commander of the Order of the British Empire (CBE) vereer.

  1. The Guardian, 20 Mei 2017: Peter Ackroyd: A secret history – 2,000 years of gay life in London. Besoek op 21 Mei 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search